Oproep na opsommings van navorsingsprojekte
Deel jou navorsingswerk by ‘n nasionale simposium, aanlyn, in Afrikaans.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) bied met trots die derde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe aan. Vanjaar se simposium sal virtueel aangebied word via Zoom, ‘n aanlyn video toepassing. Voornemende simposiumgangers en studente wat ʼn referaat of ʼn plakkaataanbieding wil te lewer, kan hier aansoek doen.
Die aansoek moet vergesel word met ‘n 500 woorde opsomming aangaande die voornemende referaat / plakkaat. Gebruik asb. hierdie templaat vir die opsomming: templaat.
Studente sal teen 21 September 2020 terugvoer ontvang aangaande die sukses van hul aansoek.
Vakgebiede
Antieke tale en kulture
Bestuurswetenskape
Drama
Etiek
Filosofie
Geografie
Geskiedenis
Joernalistiek
Inligtingswetenskap
Internasionale studies
Kommunikasiestudies
Kriminologie
Kuns
Maatskaplike werk
Menslike hulpbronbestuur
Moderne tale
Musiek
Omgewingstudies
Opvoedkunde
Oudiologie
Owerheidstudies
Politieke wetenskappe
Regte
Sielkunde
Sosiale antropologie
Sosiologie
Spraakterapie
Visuele kuns
Indien jy nie jou sosiale of geesteswetenskappe vakgebied hier sien nie, tree gerus in verbinding met ons by kontak@studentesimposium.co.za
Antieke tale en kulture
Bestuurswetenskape
Drama
Etiek
Filosofie
Geografie
Geskiedenis
Joernalistiek
Inligtingswetenskap
Internasionale studies
Kommunikasiestudies
Kriminologie
Kuns
Maatskaplike werk
Menslike hulpbronbestuur
Moderne tale
Musiek
Omgewingstudies
Opvoedkunde
Oudiologie
Owerheidstudies
Politieke wetenskappe
Regte
Sielkunde
Sosiale antropologie
Sosiologie
Spraakterapie
Visuele kuns
Indien jy nie jou sosiale of geesteswetenskappe vakgebied hier sien nie, tree gerus in verbinding met ons by kontak@studentesimposium.co.za
Simposium: 16 Oktober 2020
Aansoek tydperk vir referate en plakkate: 11 Junie 2020 - 14 September 2020
RSVP om die simposium by te woon as deel van die gehoor: 28 September 2020
Virtuele simposium
Die Akademie bring vanjaar Jakarandastad gasvryheid na die huis van elke simposiumganger. Die 2020 simposium sal aanlyn aangebied word. Zoom, ʼn aanlyn video toepassing, sal ingespan word om virtuele simposium lokale te skep. Deelnemers sal per video hul referaat lewer vir die gehoor. Die gehoor kan vrae stel na die afloop van die referaat deur hul virtuele hand op te steek of vrae kan in die gesprekshoekie skriftelik weer gegee word.
Elke deelnemer sal 'n geskenkbewys ontvang vir middagete op die simposiumdag.Program
Toekennings
Tydens die simposium sal wenners in die volgende kategorieë aangewys word:
Algehele wenner
Wenner in elke vakgebied
Nuutskeppingskompetisie
Gehoorgunsteling